Hierdie pragtige tuinwoonstel te huur in SW 5 Proper bied veiligheid en gerief op ‘n geslote eiendom.
Dit beskik oor ‘n ruim sitkamer en kombuis met ‘n aparte waskamer, 1 slaapkamer met ingeboude kaste, en 2 badkamers vir ekstra gerief.
Verder is daar ‘n tandem-motorhuis, voorafbetaalde elektrisiteit, ‘n gasgeiser, en water ingesluit vir 1 persoon.
Die eiendom bied ook uitstekende ontspanningsgeriewe, insluitend ‘n swembad, lapa en WiFi.
Moenie hierdie ideale huurgeleentheid misloop nie!