Hierdie baie mooi hoek erf is geleë in Britannia Baai - St Helena Bay. Die erf is op n hoek, so niemand kan twee kante van jou toe bou nie, die erf het ook n gedeelte van n see uitsig. Britannia Baai is ook bekend vir die enigste strand in die Weskus waar die son oor die see opkom en gaan sak. St Helena Bay is n baie veilige area met n lae misdaad syfer, dit is een van die dinge wat vakansie gangers verskriklik lok na hierdie prag Weskus plekkie. Britannia Baai het ook n baie mooi swemstrand. St Helena Bay is ook bekend vir die verskeidenheid vis fabrieke wat hier geleë is, en hierdie fabrieke produseer meer as die helfde van die land se vis produkte. St Helena Bay is ongeveer 150 km vanaf Kaapstad en 25 km vanaf Velddrif en Vredenburg. Kom gerus na hierdie prag dorpie in seisoen tyd wanneer die walvisse hulle verskyning kom maak!
Property24.com will send a message to Elsabé Maré Steenkamp of Chas Everitt West Coast and Swartland on your behalf.
Processing...