Property for Sale: Houses for sale: Property24

Gerhard Gous Attorneys

Home > Attorneys > Western Cape > Stellenbosch > Stellenbosch > Gerhard Gous Attorneys

Physical Address

7 Ryneveld Plaza
Ryneveld Street

Stellenbosch
Western Cape
7600
South Africa

Stay in touch

Facebook

About Gerhard Gous Attorneys

Gerhard Gous Prokureurs is ‘n welbekende naam in die Stellenbosch eiendomsmark met ‘n rotsvaste reputasie wanneer dit kom by die lewering van ‘n professionele diens van hoogstaande gehalte wat gerig is op uitstekende en vriendelike kliëntediens om die ervaring so gerieflik en deursigtig as moontlik vir elke kliënt te maak.

Die aktesafdeling hanteer die registrasie van deeltitel en konvensionele oordragte, die registrasie van konvensionele en deelverbande, notariele dekkingsverbande, onderverdeling en konsolidasie aansoeke, die opening van deeltitelregisters en die opstel van eiendomsverwante ooreenkomste.

Ons firma se besigheidsetiek het dit nog altyd ten doel gestel om kliënteverhoudings te bou wat nie net vir die duur van een enkele transaksie sal hou nie, maar wat ‘n klient sal noop om weer en weer terug te kom omdat hy of sy verseker is dat sy belange hoog op prys gestel word en dat ons uit ons pad sal gaan om sy transaksie keer op keer so glad as moontlik te laat verloop.

Areas of Specialization

Commercial Law, Company Law, Conveyancing, Estates and Trusts, Family Law, Litigation, Property Law
Views :40
Contact attorney
Send attorney a message
Contact an attorney from Gerhard Gous Attorneys for property related legal advice.